FANDOM


(Sit jou naam by jou idee, vir ingeval iemand vrae het):

Cira IdeesEdit

Idees vir verbeteringe/veranderinge by Cira:

Nuut voorgestelde idees:Edit

  1. (AlwynV) My eerste idee is om 'n stelsel te skep om al die toekomstige idees te beoordeel en dan goed te keur of af te keur. Ek dink daar is 'n behoefte daarvoor aangesien kommunikasie tussen ons almal moeilik is en a.g.v dit is dit moeilik om sinergie te kry tussen almal sy bydraes tot die kamp. My voorstel is as volg: enige ou kan 'n idee hier kom opsit en almal in kennis stel van die idee deur middel van e-mail (beste sal wees as almal net die bladsy "follow") of vir die wat nie het nie, sms. Idees kan operasioneel wees, of nuwe gemeenskaplike items by die plaas waar jy dan 'n foto hier kan opsit (Om te keer dat Thinus nie sommer sy pienk gordyne daar gaan ophang nie, haha) etc etc. Elke ou wat die idee ondersteun kom skryf dan sy naam in hakkies agter die idee, of jy maak 'n alternatiewe voorstel (sal dan bv 1.1. wees), of as jy teen die idee is skryf jy jou naam met 'n streep deur bv AlwynV en jou rede. Dan skep ons net reels vir hoe 'n idee aanvaar word en daar gaat ons. Die volgende is voorstelle, sit jou naam by die een wat jy ondersteun, of skep 'n nuwe punt met jou voorstel! (onthou dat as die stelsel te omslagtig is, gaan dit verwerp word en dan's ons terug by 'n ad-hoc, ongekoordineerde stelsel)

1.1. 100% van die lede se name is nodig vir goedkeuring. (A&C: hetsy goedkeur of afkeur dit moet bevestig word dat al die lede wel bewus is van die voorstel)

1.2. Indien 'n idee vir twee weke op die website bly en niemand teken beswaar aan nie, word dit automaties aanvaar. (A&C: Dit mag beteken dat die voorstel moontlik nooit eers deur 'n tweede party gesien word nie)

1.3. Elke aandeelhouer kry stemreg. Soos voorheen stel ek voor dat elke paartjie gesien word as 'n eenheid, aangesien 'n paartjie baie selde die plaas elkeen apart gaan benut. Verder dink ek dat die ouer geslag paartjies elk 2 stemregte kry, aangesien hul oneindig meer as die res van ons al in die plaas bele het. Weereens sit almal hul name agter die idees wat hul ondersteun en 'n punt van 6 uit 9 of meer keur die idee goed. (dus is 1 ouer geslag stem nodig vir 'n goedkeuring). Meerderheid wen.

1.4. Selfde as 1.3, maar 5 uit 9 stemme is nodig en net een beswaar is genoeg om die idee af te keur. Persoonlike bespreking met die beswaarde is nodig vir die idee om weer getafel te word. (AlwynV)(Thinus)

1.5. Selfde as 1.3, maar net een beswaar is genoeg om die idee af te keur.

(Hoe gaan ons jou idee goedkeur, ons het nog nie 'n stelsel nie? :) Thinus)

1.6 Enige 1 van die ouer geslag paartjies...maw slegs ouers Burger of slegs ouers Viljoen, kan enige voorstel afkeur (feto). (A&C)

1.7 Ek weet nie hoe die puntetelling moet werk nie(los dit maar vir die BAIE wiskundiges in die fam...)maar as iemand 'n idee afkeur moet dit wel in ag geneem en bespreek word in 'n forum om ongelukkigheid te voorkom...ons moet nog baie lank in Vrede leef! (A&C)



2. Ons wil graag vir Theuns, Arnold se vriend van Onderstepoort kry om regte gietyster gordynkappe, en alles anders wat julle hart begeer te maak. Hy is 'n hoefsmid en maak die mooiste goed uit gietyster wat hy warm maak en dan vorm. Ons het gedink aan gordyn kappe vir al die kamers, met "tab top" tipe gordyne, en ek dink Pa&Ma wil moontlik 'n kopstuk vir hulle bed maak. As julle enige voorstelle het, of iets spesifieks wil bestel, soos dalk bed tafeltjies of iets anders, LAAT WEET! Ons beplan om Theuns Bos toe te vat sodat hy kan kyk wat gaan werk! Sal julle op hoogte hou van verwikkelinge! (4/9/2011) (A&C)


3. Ek het gedink ons kan daardie aanwysings fotos inkorporeer by die padkaarte...Thinus, kan jy dit op GOOGLE MAP sit? ek moet nog die res soek en bysit! A&C



.

Aanvaarde idees:Edit

  1. Kry bediendes om elke Maandag die kamp skoon te maak (AlwynV)(A&C)

.

Idees wat nie geimplementeer is nie:Edit

.

Wiki ideesEdit

Voorstelle vir die wiki self:

  1. As julle meer as net 'n paar fotos wil upload kan ek dalk 'n rekening by een van die gratis photo-hosting sites skep, en dan kan 'n mens net link soontoe? (Thinus)
  2. Ek dink dit is 'n uitstekende idee...jy weet mos hoe foto mal jou familie is! Dan kan mens moontlik jou heel beste fotos van elke vakansie op WIKI sit en dan die res van die goeies op die link!(A&C)

Ad blocker interference detected!


Wikia is a free-to-use site that makes money from advertising. We have a modified experience for viewers using ad blockers

Wikia is not accessible if you’ve made further modifications. Remove the custom ad blocker rule(s) and the page will load as expected.